YURI DURAAN - x.Hierdie Dag

YURI DURAAN - x.Hierdie Dag

Hierdie dag is die dag br wanneer ek sal kan omdraai br en wegstap van jou af. br br Hierdie dag is die dag br wanneer ek genoeg klippe sal br hê om jou liefde toe te pak, br genoeg vuur sal hê om dit br te veras om weg te laat br waai in die wind. br br Hierdie dag is die dag br wat ek genoeg skulpe sal hê br om ‘n altaar te bou vir dit wat br my lewe volmaak en genoeg br sonneblomme sal hê om oor die br herinneringe te groei en dit te bewaar. br br Hierdie dag is die dag br wanneer ek sal kan omdraai br en wegstap van jou af, br die dag wanneer ek genoeg trane br sal hê om jou van my af te was br en genoeg troos sal vind om br my weer heel te maak... br br dis net.... br br hierdie dag het ek klaar die br son sien opkom en gaan lê in br jou oë en het ek klaar die wind br en reën hoor woed in jou stem... br br ek het klaar myself verloor op br pad na die omdraai en verdwaal br voor die wegstap... br br so hierdie dag sal ek weereens br terugkeer na my hart en jou inlaat br en die deur toemaak teen alles br wat jou nie betrek nie... br br ek sal jou koester en vasketting br in my binnekamers en onthou... br br hierdie dag sal ek onthou.


User: PoemHunter.com

Views: 16

Uploaded: 2014-11-07

Duration: 01:55